NewsSchools

Suidies navors elektromagnete

Vanuit ses skole het SNP ses eerste, ses tweede, drie derde, drie vierde en vier vyfde plekke losgeslaan by verlede week se landloop byeenkoms.

Elektromagnete is ‘n opwindende nuwe ontdekkingsveld vir meeste van Suid-Natal Primêr se leerlinge.

Eksperimentering met die bou en werking hiervan is ter voorbereiding van die eintlike opdrag – ‘n hyskraanmodel wat ‘n elektromagneet en stroombaan met ‘n skakelaar daarvan gekoppel het om metale van nie-metale by ‘n skrootwerf te skei.

ALSO READ : Suid-Natal Primêr is hard aan die oefen

Drie personeellede het ‘n vlak een hokkie afrigterskursus in Durban bygewoon en sal as vlak een afrigters aangestel word.

Gr 2 klasse het ‘n suksesvolle markdag aangebied waar heerlike eetgoed en artikels te kope was.

Ongeveer 50 atlete het deelgeneem aan ‘n landloop byeenkoms by Curro Creston College bygewoon.

Vanuit ses skole het SNP ses eerste, ses tweede, drie derde, drie vierde en vier vyfde plekke losgeslaan. Geluk aan alle landloop atlete met die mooi prestasie.

Die atletiekseisoen is ook vol aan die gang. Die 800m finale wedlope is alreeds voltooi en uitslae sal later volg.

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

To receive our FREE email newsletter, click HERE

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button