Suid-Natal Primêr se SPO 2 klas het ’n prettige projek met rommel gedoen. Hulle het elkeen ’n karretjie gebou met ’n twee liter bottel, koeldrankproppies en draad.
Instruksies is deeglik bespreek voordat karretjies gebou is.
ALSO READ : Suid-Natal Primêr is hard aan die oefen
Hulle het dit terdeë geniet en selfs resies gehou om vas te stel wie se karretjie vinnigste was.
Die brandweer, ambulans, Status Insleepdienste en polisielede het die skool besoek gedurende beroepe week.
Leerlinge het geleer wat elke nooddiens behels en wanneer hul geskakel moet word. Suidies kon deur en om elke voertuig loop en alles mooi bekyk.
Dit was verseker ’n dag om te onthou en die skool bedank almal wat betrokke was.
Atlete van O7 tot O14 het onlangs aan die Ugu Landloop deelgeneem en gesindheid van ouers, leerlinge en personeel was positief.
Geluk aan André Steyn wat die Ugu O13 krieketspan gehaal het. Hulle sal aan die KZN proewe in September deelneem.
Die karate klub het ook uitstekend gevaar by die KZN ontwikkeling byeenkoms.
Tiaan Retief, Richard Swanepoel, Divan du Toit en Marcell du Toit het medaljes verwerf by die SA Elite kumite byeenkoms.
HAVE YOUR SAY
Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
To receive our FREE email newsletter, click HERE
