Suid-Natal Primêr sê baie geluk aan die Blouspan wat die wenspan was tydens verlede week se atletiek byeenkoms.
Die span is ook aangewys as die span met die beste gees.
ALSO READ : Suid-Natal Primêr is hard aan die oefen
Dankie aan elke atleet wat deelgeneem en hul beste gelewer het. ’n Groot dankie aan elke ouer wat deelnemers kom ondersteun het.
Gr 1 leerlinge het die afgelope paar weke meer van seisoene geleer.
Dit was vir hulle baie opwindend om meer van elke seisoen te leer.
Om elke tema af te sluit, het leerlinge spog-kuns gedoen om seisoene uit te beeld.
Die eerste span seuns hokkie het verlede Saterdag aan ’n toernooi in Matatiele deelgeneem.
Die seuns het baie goed gevaar teen King Edward Hoërskool, St Monica’s, St Patrick’s en Underberg Primêre Skool.
Spelers het dit baie geniet en baie waardevolle ondervinding opgedoen teen hierdie ligaspelers.
Die skool is besonders trots op die Suidies wat so goed gevaar het.
HAVE YOUR SAY
Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
To receive our FREE email newsletter, click HERE
