NewsSchools

Suidies is trots op Divan

Suidies wag in spanning vir die uitslae.

Suid-Natal Primêr se gr R groep het van verlede week van troeteldiere geleer. Elke leerling kon ’n plakkaat bring met hulle troeteldiere op.

Hulle het geleer wat elke dier eet en drink, waar hulle slaap en wat gebruik is om hulle te versorg.

ALSO READ : Nooddienste besoek Suid-Natal Primêr

Leerlinge het dit baie geniet en is opgewonde oor die goeie ‘troeteldier mammas en pappas’ wat die gr R groep gaan oplewer.

Veels geluk aan Divan du Toit wat uitgenooi is om aan die AMESA wiskunde uitdaag eksamen se derde rondte deel te neem.

Slegs 431 leerlinge landwyd is gekies om aan hierdie tawwe eksamen deel te neem.

Suidies wag in spanning vir die uitslae en is baie trots op Divan met sy uitstekende akademiese prestasie.

Die skool bedank Coastal Accounting in Port Shepstone vir die kos wat geskenk is vir die skool se kospakkie projek.

SNP maak staat op die goedhartigheid van die gemeenskap en is nederig met die ondersteuning van hul medemense.

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

To receive our FREE email newsletter, click HERE

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button