Suid-Natal Primêre Skool se gr 6 leerlinge leer hierdie kwartaal van verskillende vorms in wiskunde.
Elkeen het ’n model gemaak deur ’n verskeidenheid vorms te gebruik.
’n Skriftelike opdrag is in die klas gedoen waar die eienskappe van vorms wat in elke model gebruik is vergelyk moes word.
ALSO READ : Suidies sê hartseer totsiens
Veertig senior koorlede het verlede Donderdag opgetree by die ‘Voices for Hospice’.
Lede het ’n uitmuntende optrede gelewer en Suidies se naam hoog gehou.
Baie geluk aan leerlinge, koorleiers Hilton O’Dwyer en Devan van Eeden en baie dankie vir die groot ondersteuning van beide ouers en personeel.
Senior A en junior A krieket spanne het verlede naweek weggespeel en albei spanne het gewen.
Die junior B krieket span het tuis gespeel en ook gewen en al die spelers het dit baie geniet en goeie sportmangees getoon.
HAVE YOUR SAY
Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
To receive our FREE email newsletter, click HERE
