NewsSchools

Suidie redenaars vlieg die SNP vlag

Goue diplomas is deur Kayla Jacobs en Jaime Greyvenstein verower.

Suid-Natal Primêre Skool se gr 4 tot 7 leerlinges het aan ‘n suksesvolle ATKV redenaars kompetisie deelgeneem.

Goue diplomas is deur Kayla Jacobs en Jaime Greyvenstein verower en silwer deur Anika du Toit en Millay Labuschagne.

ALSO READ : Suidies sê hartseer totsiens

Seniors het hulle puik van hul taak gekwyt: Marnus Koekemoer – eerste plek, Luca Meyer – tweede plek, en Lana Badenhorst – derde.

Kontantpryse deur die ATKV geborg is deur Dr Mike Meaney aan senior wenners oorgehandig.

Vyftien duisend leerlinge landwyd het deelgeneem aan die tweede rondte van die uitdaag eksamen.

Hul insig en kennis word behoorlik getoets en die skool is baie trots op leerlinge met die volgende uitslae en sertifikate: Divan du Toit – goud; Celeste Koekemoer en Jolin Smith – silver; Ruan Havenga, Lize Joubert, Kara Lombaard en Lana Badenhorst – brons. Senior dogters het verlede Saterdag aan ‘n ses-‘n-kant krieket toernooi deelgeneem en baie goed aanvaar. Suidies sê baie geluk met die eerste en derde plek by die toernooi.

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

To receive our FREE email newsletter, click HERE

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button