Schools

“Vol, voller, volste”; Só was die week by Suid-Natal Primêr

Die Graad 1’s het van vorms geleer, sowel as van vorms rondom ons in ons alledaagse lewe.

Ons graad 1 – 3 leerders het behoorlik uitgehaal en aan al ons Suidie-ouers en besoekers gewys tot wat hulle instaat is. Tydens ons pretgala het ons Super Suidies gehad wat met hulp van onderwysers hul swemlengte deur die swembad gemaak het. By die formele gala het die swemmers uitstekend gevaar. Baie geluk aan Lilah Sans en Riaan Vorster wat onderskeidelik as Victor- en Victrix Ludorum aangewys is.

Die Graad 1’s het van vorms geleer, sowel as van vorms rondom ons in ons alledaagse lewe. Ons het hope pret gehad met hierdie tema. Vir kuns het ons Super Suidies vorms gebruik om hul eie skool te bou. Hulle het elke oomblik van hierdie aktiwiteit geniet.
Dr. Stephanie Wilmans het Vrydag ons graad 6 en 7 leerders kom toespreek oor puberteit en adolossensie. Ons Super Suidies was bevoorreg om saam met Dr. Stephanie Wilmans oor so ‘n belangrike onderwerp te leer. Ons leerders het interessante feite geleer en lekker saam gelag. Baie dankie Dr. Wilmans!
Ons leerders het ook krieket teen Creston College gespeel waarvan verskeie wedstryde gewen en/of verloor is. Al die spelers het nietemin die spel geniet en goeie ondervinding opgedoen.

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button