Veiligheid
Suid-Natal Primêr leer kinders van veiligheid rondom ons, veiligheid by ons huis en hoe om ons lyfies veilig te hou
By ons trotse Suidies word daar al van jongs af ‘n gemaksone rondom veiligheid by die skool geskep. Ons leer kinders van veiligheid rondom ons, veiligheid by ons huis en hoe om ons lyfies veilig te hou. Ons graad 1’s spog graag met hulle kunswerke en vir hierdie interessante tema was daar geen uitsondering nie. Die leerders het baie pret gehad om hul eie skelet te bou en te leer van die menslike liggaam. Hier by Suid-Natal Primêr voel ons nie net veilig by ons skool nie, maar sommer ook in ons eie vel!
Ons het dit oorweeg om ons balle en hokkie stokkie vir roeispane te verruil met al die reën wat die sport belemmer het maar tog het ons netbal meisies ‘n paar wedstryde teen Creston College kon geniet en ons seuns het in Pietermartizburg gaan deelneem aan die KZN rugbyproewe.
Vandag laat ons die aap uit die mou oor… Wie A sê, moet ook B sê — wie met ’n ding begin het, moet daarmee aanhou.
HAVE YOUR SAY
Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
