Schools

Dis groot pret by Suid-Natal Primêr

Daar was hope interaksie en die kinders het dit geweldig geniet.

Die opgewondenheid was groot toe ons junior fase maats poppekas kon bywoon met die tema; ‘My God is by my, ek hoef niks te vrees nie!’

Daar was hope interaksie en die kinders het dit geweldig geniet. Ons wil vir René Roux bedank vir haar ongelooflike insette en bydraes tot ons kinders by Suid-Natal Primêre Skool. Ons waardeer dit opreg.

Dit was die beurt van ons graad R tot 3 Suidies vir hulle interhuis-gala. Die dag het afgetrap met ‘n prettige gala om te verseker dat elke Suidie die geleentheid kry om te swem, gevolg deur die formele gala waar die kompetisie hoog was! Baie geluk aan elke leerder wat deelgeneem het, asook aan al die ouers en voogde wat kom ondersteun het.

Vandag laat ons die aap uit die mou oor…
“Jannie se baadjie aanhê (Jannetjie wees)” beteken om jaloers te wees.

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button