‘n Skool van vele talente
"Ons Suidies is nie net akademies vaardig nie, maar blink ook uit in kreatiwiteit, sport en kultuur."
By Suid Natal Primêr floreer praktiese en teoretiese leer, wat ‘n gebalanseerde opvoeding verseker.
Hier blink leerders uit in hul unieke vaardighede en talente. Dié skool omarm diversiteit en erken elke kind se unieke bydrae tot die skoolgemeenskap.
Ons Suidies is nie net akademies vaardig nie, maar blink ook uit in kreatiwiteit, sport en kultuur.
Met ‘n omgewing wat aanmoedig en ondersteun, bereik leerders hul volle potensiaal en groei tot selfversekerde individue.
Ons senior hokkie bokkies het die guldige geleentheid gehad om aan ‘n hokkie-toernooi te Creston College deel te neem. Dit was ‘n opwindende vinnige spel op die astro baan en die meisies het hulle harte uit gespeel.
Ons junior swemmers het aan ? Interskole-gala te Southcity deelgeneem en goed presteer.
Baie geluk aan elke speler, personeellid en ondersteuners wat ons junior mini-kriekettoernooi ‘n sukses gemaak het.
Wel gedaan Suidies.
Vandag laat ons die aap uit die mou oor…
“’n Gesig soos? kalkoeneier” beteken ‘n gesig vol sproete.
HAVE YOUR SAY
Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
