Schools

Opwindende nuwe beginne… Kwartaal 2

SCH Local News | In Kwartaal 2 leer ons baie nuwe vaardighede aan. In kuns bou die graad 5 leerders 'n selfportret met karton.

Die Suidie leerders is opgewonde om terug te wees by die skool. In Kwartaal 2 leer ons baie nuwe vaardighede aan. In kuns bou die graad 5 leerders ‘n selfportret met karton.

Op die sportvelde oefen ons hard aan hokkie, netbal en rugby. Ons graad 1 tot 3 seuns kry kans om hulle sokker-vaardighede te ontdek en ten toon te stel.

Met die naderende Wintersportdae sien ons uit na vele wedstryde.
Verskeie gekose O12 en O13 rugbyseuns het die geleentheid gehad om aan die Laer Suidkus rugbyproewe deel te neem.

Baie geluk aan Abonga Madlala, Ayabonga Madlala, Dihan Sans, Jaydon Koekemoer, Tiaan Grobbelaar, Liam Venter, Marco Janssen, Tiaan Labuschagne, Adam van der Merwe en Divan Dixon wie deurgedring het na die Suidkus rugbyproewe.

Ons sien uit na ‘n vreugdevolle en suksesvolle kwartaal.
Vandag laat ons die aap uit die mou oor…

“Moenie kiep-kiep roep nie” beteken moenie somaar almal beskuldig nie.

HAVE YOUR SAY

Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button