Die SPO 3 leerders is tans besig om te leer van strukture gedurende hulle Tegnologie periodes.
Hulle het huise ontwerp op die rekenaar nadat hulle die teorie gedoen het.
Ons graad 7’s het ‘n skoolgolfdag aangebied. Die golfdag het die geleentheid gebied vir jong golfers om hul vaardighede te wys en ‘n gesellige atmosfeer te geniet.
Die Suidies het aan ‘n hokkie-, netbal- en rugbytoernooi te Creston College deelgeneem. Dit was ‘n sfeer van mededinging en die spanne het hul vaardighede met passie en begeestering getoon. Dit was ‘n dag van opwinding en prestasie, waar vriendskappe versterk is en die trots van Suidies in volle glorie geskyn het.
Vandag laat ons die aap uit die mou oor…
“Leergeld betaal” beteken om deur skade of skande wys te word.
HAVE YOUR SAY
Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
