Ons Suidies het Hemelvaartdag op die regte manier gefier. Dominee Larissa het ons leerders en personeel kom toespreek en blywende boodskap gelaat… Die Here het opgestaan!
Graad 1 leerders het onlangs baie pret gehad terwyl hulle skelette gebou het. Dit was interaktiewe en kreatiewe aktiwiteit wat hulle gehelp het om die menslike liggaam beter te verstaan. Met boublokkies en ander materiaal het hulle hul eie skelette geskep en geleer oor die bene in die liggaam. Die leerders het saamgewerk, idees gedeel en mekaar gehelp. Dit was prettige en boeiende ervaring.
Ons Suidies se Wintersportdag was reuse sukses! Karnaval-atmosfeer het geheers met springkastele, spookasem, roomys en nog vele meer verversings om die woelige voetjies besig te hou terwyl die hokkie-, netbal- en rugbyspanne hulle harte uitspeel!
Vandag laat ons die aap uit die mou oor…
“Wat lepel lek moet werk” beteken almal moet werk.
HAVE YOUR SAY
Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
