Schools

Super Suidies studeer suksesvol

Hersiening word reeds in alle vakke gedoen want die eksamen is hier.

Die graad 7’s is hard besig om voor te berei vir die tweede laaste eksamen van hulle laerskoolloopbaan. Hersiening word reeds in alle vakke gedoen want die eksamen is hier.

Leerders woon elke middag intervensie (ekstra klasse) by wat deur die personeel van Suid-Natal Primêr aangebied word. Die ekstra lesse is groot sukses, want daar is konstante verbetering in die leerders se punte. Ons wens elke Suidie sterkte toe vir die eksamen wat voorlê, ons weet dat leerders net hulle beste sal gee.

Ons graad 1 tot 3 Suidie-seuns het altyd nog net sokker gespeel vir pret gedurende pouse maar het die afgelope naweek die kennismaking gehad met sokkerwedstryde by toernooi te Creston College. Die brawe seuns het hulle harte uitgespeel en ons almal uit die veld ‘geskop’ met hulle wonderbaarlike resultate!

Vandag laat ons die aap uit die mou oor…

“Baie letters geëet hê” beteken baie gestudeer hê.

HAVE YOUR SAY

Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

 
Back to top button