‘n Gebalanseerde benadering tot leer en aktiwiteite
Die skool gee volle aandag aan akademie om seker te maak dat ons die punte kry wat ons verdien.
By Suid-Natal Primêre Skool is die leerders hard besig om voor te berei vir die opkomende eindeksamen. Die skool gee volle aandag aan akademie om seker te maak dat ons die punte kry wat ons verdien. In Engels, as tweede taal, probeer Suidies om taalvaardighede te verbeter om ingelig te kan kommunikeer in die buite wêreld.
Graad R leerders het gesorg vir ‘n opwindende markdag. Die jaarlikse Kaskar- en Fietsrymaraton is om die draai. Die Graad 5e gaan soos seerowers aantrek en ons sien baie uit na hierdie genotvolle middag.
Dit gaan goed op die sportveld. Die grondslagfase neem deel aan sokker-toernooie en vaar baie goed. Die krieket seuns speel teen plaaslike skole en geniet elke wedstryd. Geluk aan hierdie deelnemers.
Vandag laat ons die aap uit die mou oor… ‘sy hand in sy eie boesem steek’ beteken sy eie gewete ondersoek.
HAVE YOUR SAY
Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
