Schools

Suidies’ jong talente skitter in verskeie aktiwiteite

Super Suidie-leerders is ook besig met voorbereiding vir hul formele assesserings.

Suidies Graad R-leerders het hul eerste Markdag gehou en het werklik uitgestaan as toekomstige entrepreneurs. In die kunsklas is die leerders hard besig met praktiese take, en onder andere vorm die Graad 4-leerders pragtige seeperdjies uit klei.

Die Graad 1 tot 3-meisies se sokkerspan verdien ook ‘n groot pluimpie. Hulle speel met groot entoesiasme en behaal uitstekende resultate, wat hul talent en toewyding aan die sport wys.

Super Suidie-leerders is ook besig met voorbereiding vir hul formele assesserings. Tussen al die harde werk is daar egter ook kans vir ontspanning, en die leerders is baie opgewonde oor die komende fietsry- en kaskarmaraton.

Vandag laat ons die aap uit die mou oor…

‘Sy hande staan vir niks verkeerd nie’ beteken hy is baie knap.

HAVE YOUR SAY

Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button