’n Positiewe leeromgewing vir elke kind
Hierdie klasse fokus daarop om elke leerder se unieke leerbehoeftes te ondersteun.
Die Remediërende klasse by die skool bestaan uit leerders tussen die ouderdomme van 7 en 14 jaar wat onderrig in n’ ondersteunend leeromgewing ontvang.
Hierdie klasse fokus daarop om elke leerder se unieke leerbehoeftes te ondersteun.
’n Sterk kultuur van samewerking en aanvaarding word tussen die klasse geskep, waar leerders gereeld saam werk en aan aktiwiteite deelneem.
Hierdie interaksie leer die kinders nie net akademiese vaardighede nie, maar bou ook selfvertroue. Hulle kry die geleentheid om van mekaar te leer, mekaar aan te moedig en nuwe vriendskappe te vorm. Hierdie positiewe omgewing help leerders om te groei en hul volle potensiaal te bereik.
HAVE YOUR SAY
Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
