Schools
Suid Natal Primêr leerders berei voor vir entrepreneurskapsdag
Daar was baie opgewondenheid in die klaskamer.
Die graad 7’s is in rep en roer met die beplanning vir hulle Entrepreneursdag op 4 September 2026, wat deel maak van hulle assessering van Ekonomiese Bestuurswetenskappe.
In die klas is hulle besig met die taak se beplanning wat die definisie, vaardighede en kenmerke van ‘n goeie entrepreneur insluit asook hoe om die kosteberekening te doen van ‘n gevallestudie.
Elke leerder moet ‘n plakkaat maak om hulle produkte te bemark.
Die graad 7’s sien so uit daarna om hulle produkte uit te stal en hulle entrepreneursvaardighede te wys.
HAVE YOUR SAY
Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!