DEAR Editor;
Graag wil ek as inwoner van ‘n woonstel teen die see vir ons publiek inlig hoe ons die nuwe tendens ervaar.
Vir my is oefening die oomblik wanneer ‘n persoon by die deur uitstap. Nou ry mense hierheen!
ALSO READ : OPINION: ‘Stony silence while people suffer’
Ons straat is oorbevolk want elke dag sien ons nuwe mense.
Dit was ‘n rustige area waar ouer mense veilig en rustig kon stap. Aangesien hier geen winkels of besighede is nie kon ons die natuur en see geniet.
Intussen het bouers, nutsmanne, jaagduiwels en mense met honde ons straat oorgeneem.
Bakkies en karre jaag tussen mense deur, en ons plekke is vol stof.
Petrolgasdampe moet ons mee deel en mense wat ligdag al reg voor ons plek kuier.
Hier word resies gejaag naweke en geen spoor van verkeersbeamptes nie.
Waar is die respek en omgee heen? Watter voorbeeld is jy vir jou kind en medemens?
Kom ons herbesin en gun mekaar privaatheid en rus. Mag ons stappers veilig bly.
MARIETJIE VAN MANABA
HAVE YOUR SAY
Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
