BlogsOpinion

Is jy ’n vreemdeling in hierdie wêreld?

Het jy al nagedink oor wat jou status as Christen is in die wêreld?

Het al ooit die gevoel gehad dat jou Christen wees jou laat uitstaan? Jou normes en waardes verteenwoordig ’n hemelse adres. Petrus se lesers het nie langer kans gesien vir die prys van hulle ‘vreemdelingskap’ nie. Al die verontregting en vervolging het veroorsaak dat hulle sonder uitsig op die toekoms was. Petrus se skrywe help die gelowige om moed te hou al waai die wind van voor.

Wie is ek in Christus? Het jy al nagedink oor wat jou status as Christen is in die wêreld? Petrus sê dat Christene vreemdelinge is in hierdie wêreld. Het jy al aan jouself as ’n vreemdeling in die wêreld gedink? Vreemdelinge is mense wat nie heeltemal inpas nie. Dis mense wat opval vanweë hul unieke gewoontes, waardes en optrede. Hulle val nie noodwendig in by alles wat almal doen en sê nie. Het jy al aan jouself so gedink as Christen? Dis natuurlik nie al wat Petrus oor die kerk en die Christen sê nie. Ons is ook die Here se uitverkorenes en Sy volk en nog baie ander mooi beelde waarmee hy die kerk beskryf.

Wat belangrik is van hierdie beskrywing van die kerk as vreemdelinge, is dat hy ons herinner dat Christene nie soos handskoene mag inpas by alles wat almal sê of doen, of by die gemeenskap se norme nie. Ons is anders, burgers van die hemel, al bly ons burgers van die land waarin ons woon. Ons bly as kerk die gewete van die samelewing. Natuurlik beteken dit nou nie dat Christene wêreldvreemd moet word nie.

Christene leef soos die Jode van ouds met hul gesigte na Jerusalem, in ons geval na die nuwe Jerusalem op die nuwe hemel en aarde. Ons sien alles in die lig van die ewigheid. Ons maak vir ons skatte in die hemel bymekaar. Al voel ons uitgesluit omdat ons vir Jesus opkom, sluit Hy ons in by sy gesin. Voel jy soms dat jy nie in pas nie? Vreemdelinge pas nie oral in nie. Hulle word herken aan hul manier van doen en praat. Probeer ons hard om soos almal om ons te dink of praat, of is ons as Christene anders omdat ons ’n hemelse vaderland verteenwoordig?

HAVE YOUR SAY          

Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button