BlogsOpinion

Stiltetyd: Hoe beveg jy die monster genaamd STRES?

Gelowige mense en veral Christene ken Jakobus 5:13-20 se advies: “As daar iemand onder julle is wat swaarkry, moet hy bid.”

Ek skakel nou die dag iemand met wie ek lanklaas gesels het. “Hoe gaan dit deesdae met jou, vra ek.” “Nee, so-so,” kom die antwoord. “Ek is op stresverlof,” kom die antwoord.
Stres word die groot beproewing van ons tyd genoem. Matige stres is goed vir mens. Mense onder stres is soos ’n veer wat te lank gerek is en dan meegee onder die spanning.

Dr Roberta Lee meld in haar boek: ‘The SuperStres Solution’ dat godsdienstige mense se godsdienstige ingesteldheid help om stres te hanteer. Dit lyk asof die wete dat ek deel is van ’n Groter geheel, my tog baat.

Natuurlik sal mense van bogenoemde waarneming verskil, en dit selfs simplisties noem. Ja, en natuurlik dra oefening, ’n gesonde dieet, positiewe denke, opbouende verhoudings, ensovoorts by tot jou gesonde funksionering as mens.

Gelowige mense en veral Christene ken Jakobus 5:13-20 se advies: “As daar iemand onder julle is wat swaarkry, moet hy bid.”
Kyk, soms kan stres, bekommernisse en swaarkry jou wakker hou, maar Jakobus stel voor – gebruik jou wakker-tyd as ’n tyd om met God te praat.

Dis in sulke tye dat ek en jy net met Hom kan praat oor die dinge wat ons gestres maak. Die woord STRES gaan jou help om jou kan-nie-slaap-tye in God-tye te verander. S staan vir Soek vir God op – in strestye gaan dadelik na God – Hy kan en wil help. T staan vir Terugdink – dink aan wat die Bybel ons leer oor Wie God is en wat Hy doen. R staan vir roep sonder ophou na God – bid gedurig (1 Tess 5:17). E staan vir emosies – moenie jou emosies voor God onderdruk nie, vertel vir God hoe jy voel – dit help! S staan vir Soek God se wil, waarmee is Hy besig, wat verwag Hy van my.

Praat met God oor jou stres. Praat met hom.

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button