![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/52/2024/12/cross-of-Jesus_04944-780x470.jpg)
Stagnasie in enige vorm beteken dat daar nie groei is nie. Jy beleef jou lewe as roetine en wend nie eintlik ’n poging aan om in jou menswees of karakter te groei nie.
Dit manifesteer op talle terreine, ook die Christen se verhouding met God en die uitleef van sy of haar Christenskap.
Jy kan dit ook vind dat daar geen groei in die ekonomie is nie en dat die ekonomie stagneer.
Dit kom neer op ’n situasie waar dinge dieselfde bly en nie groei of ontwikkel nie. 2 Petrus 1:5-7 roep gelowiges op om ywer aan die dag te lê om by hulle geloof deug, insig, selfbeheersing, volharding, godvresendheid, broederliefde en ander deugde te voeg.
Om die beeld te gebruik van ’n plaas en hoe mens jou geloof uitleef: Ons het die plaas en implemente as geskenk gekry. Wat maak ons daarmee? Ons het in Christus alles ontvang wat ons nodig het om te leef en God te dien. Wat maak ons daarmee? Hoe verryk ons ons geloof?
Die verskillende dinge waarmee ons ons geloof moet verryk, kan in drie groepe ingedeel word: Groep 1 het met ? aktiewe geloof te make dit is: deugsaamheid en insig / kennis. Groep 2 het met ons ingesteldheid te doen en dit is: selfbeheersing en volharding. Groep 3 het met ons verhoudings te doen en dit is: godsvresenheid / godsvrug en liefde.
Dit is belangrik dat ons sal nadink oor ons ons nie verval in net ’n pratery oor ons geloof nie, maar die daad by die woord voeg. Ons ingesteldheid moet nie wees om wanhoop te saai nie, maar hoop te vestig.
Ons kan werk aan ons verhoudings elke dag en dit nie maar as vanselfsprekend aanvaar nie. Pasop dat jy nie in jou persoonlike en geloofslewe stagneer nie, want water wat nie meer loop nie, word sleg. Waar is daar terreine in jou lewe waaraan jy kan werk?
Onthou dat enige verhouding vra dat daar tyd en energie ingesit word om die verhouding uit te bou. Verryk jou lewe, ook jou geestelike lewe deur God toe te laat om daagliks jou denke te vernuwe. So bied jy weerstand jy teen stagnasie.
HAVE YOUR SAY
Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram