BlogsOpinion

In die donker kyk na die Lig, Jesus Christus

Ons dink hier spesifiek ook aan Matteus 17:1-8 die verheerliking op die berg.

In hierdie tyd voor Kersfees dink ons weer aan die Lig, Jesus Christus wat na die wêreld toe gekom het. Ons dink daaraan dat die duisternis Hom nie kon oorweldig nie. Hy is die Lig vir die wêreld. Ons dink hier spesifiek ook aan Matteus 17:1-8 die verheerliking op die berg.

Dit was met Moses en Elia se verskyning as verteenwoordigers van die wet en die profete, waar hulle positief oor Jesus getuig het, en bevestig het dat Hy die beloofde Messias is. Die tyd waarna Petrus verwys, (2 Petrus 1:16-21) het plaasgevind in ‘n tyd waarin dit weer donker geraak het vir die Seun van die mens. Dit was kort voordat Sy lig deur lyding en die dood aan ‘n kruis finaal gedoof sou word.

Dit was te midde van hierdie omstandighede wat Petrus saam met Johannes en Jakobus hulself in die geselskap van Jesus op ‘n hoë berg bevind het. Voor hul oë het hulle vir Jesus in sy volle majesteit gesien. Die glans van sy gelaat was soos die helder strale van die son. Sy klere het geskitter en alles rondom hulle is verlig.

Te midde van hierdie gebeure gee die Vader ten aanhore van die drie aan sy Seun die eer en die heerlikheid: “Dit is my geliefde Seun oor wie ek my verheug.” Deur hierdie gebeure lyk dit of Jesus vir sy dissipels wou sê: “Julle het nou iets van my heerlikheid ervaar, my lig het julle lewens verlig!”

Spaar hierdie lig vir die donker tye. Daar gaan tye kom wat julle naak en alleen gaan staan in donker oomblikke. Hou vas aan die beloftes in God se woord. Dit sal vir julle wees soos ‘n lamp wat in ‘n donker plek skyn, totdat die morester opkom in julle harte, met ander woorde totdat die dag aanbreek wat die donkerte finaal sal laat verdwyn.

Dit is ‘n verwysing na die wederkoms van Jesus Christus. Wanneer die donker oor jou lewe neersak, kyk na die Lig, Jesus Christus. Vrede vir jou vandag en onthou die Here is bokant jou, om jou, langs jou en in jou om jou te lei deur Sy Heilige Gees. Wees lig!

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button