Heelwat Gautengers het kom inloer het omdat hulle nie kon strand toe gaan nie weens die swak weer wat ons ervaar het. Van hulle het verklaar hulle het nog nooit so baie reën hierdie tyd van die jaar aan die Suidkus ervaar nie. Ek moet sê, dit was kwaai. Op plekke weer groot skade.
As gevolg van die baie sport, veral verlede naweek se rugby, het die gesprekke meesal daaroor gegaan, en die goeie oorwinnings van die Suid-Afrikaanse spanne in die VRK. In hul 16e wedstryde van die kompetisie. Die Sharks, met ’n goeie eindpoging teen Ulster in Belfast, en die Bulls met ’n oorwinning teen die Glasgow Warriors, wat hul uitspeelkanse verseker deur in die top vier op die ranglys te bly.
Die Stormers het ook met ’n skitterende vierde agtereenvolgende oorwinning in Kaapstad oor Benneton tot die sesde plek op die ranglys gevorder. Die Lions het na vyf agtereenvolgende nederlae hul belofte nagekom om in die wedloop te bly deur Connacht af te ransel. Hoewel hulle hoop om in die boonste agt op die ranglys te eindig effens optimisties is. Vir Oom Pottie en ek was die speler van die naweek daai Sacha-kêrel van die Stormers. Wat ’n natuurlike voetbôller, soos Oom Danie Craven altyd gesê het. Hy is fenomenaal. Blykbaar ook ’n goeie leier wat respek afdwing. Sukkel nogal met beserings, maar ek sê kies hom as Springbok-kaptein vir die komende wedstryde later vanjaar indien Siya Kolisi om die een of ander rede nie daar is nie.
Kolisi het juis na die wedstryd in Durban gesê die VRK-uitpeelwedstryde gee spelers die kans om die oog van die afrigter, Rassie Erasmus, te vang. Kolisi reken hy sal moet uithaal om sy plek in die span te behou. Hy speel op die oomblik agtsteman, en Cameron Hanekom van die Bulls en Evan Roos van die Stormers is sterk kandidate. Jasper Wiese is ook nog daar. Ons het ook oorgenoeg puik flanke, en Kolisi weet hy sal moet uithaal. Hy het aangedui daar is heelwat huidige Springbokke soos hy wat veg om hul plekke te behou. ‘Die kompetisie is baie straf’.
Ons kyk gereeld na die wedstryde in die Indiese Professionele Krieketliga, en ek moet sê, as ‘n krieketliefhebber word ek moeg van die T20-styl. Lekker om na te kyk, maar dis meer soos bofbal. Mogge-troffe met een of twee tree op die grens tussen ’n ses en terug pawiljoen toe. Die topspelers in hierdie liga se vermoëns is uitsonderlik. Hul reflekse en besluitneming wanneer balle teen heelwat meer as 140 kpu na hulle toe aankom, is soms verstommend.
Dis goed om te sien hoe Suid-Afrikaners soos Ryan Rickelton, Heinrich Klaasen en Tristan Stubbs ons naam hoog hou. Die groot gesprekspunt egter was die vertoning van die Rajastan Royals se Vaibhav Suryavanshi, net 14 jaar en 32 dae oud, wat die jongste speler geword het wat ’n honderdtal in ’n senior T20-wedstryd aangeteken het. Hy het 100 van net 35 balle af geslaan, met sewe viere en 11 sesse. Teen goeie boulwerk. Fenomenaal.
Ons loopvraag. Wat kry jy as jy ’n windhond met ’n muishond kruis? ’n Dier wat met ’n stink spoed hardloop.
HAVE YOUR SAY
Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
