South Coast Fever

‘Abrie Spies, 95 nie uit nie’

Hierdie Afrikaanse pionier aan die Suidkus en sy vrou Sarah, wat amper 70 jaar getroud is, woon bykans 60 jaar hier, en het saam diep spore in hierdie gemeenskap getrap.

Die Suidkusveteraan Abrie Spies het op 13 April 95 jaar oud geword. Weens gebrek aan ruimte op hierdie bladsy kon die gelukwensing nie vroeër geplaas word nie. Hy word nietemin nog baie gelukkige, geseënde en gesonde jare toegewens. Hierdie Afrikaanse pionier aan die Suidkus en sy vrou Sarah, wat amper 70 jaar getroud is, woon bykans 60 jaar hier, en het saam diep spore in hierdie gemeenskap getrap.

‘Oom Abrie’ hulle het jarelank ‘n eiendom- en verhuringsonderneming op St Michael’s bestuur, maar ‘n ruk gelede ‘afgetree’, hoewel hulle nog steeds ‘n kantoor in hul eie gebou het waar mense hulle kan besoek. Abrie het ‘n reuse rol gespeel in die vestiging van nuwe kerkgemeentes, was veral ‘n groot dryfkrag agter die vestiging van die Hoërskool Suid-Natal, voltyds betrokke by politieke en kultuurbedrywighede, asook by die vestiging van die eerste Afrikaanse koerant in die destydse Natal. Sierade van die Suidkus. Abrie en Sarah Spies.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button