Oulike Suid-Natal Primere Skool graad 4's skud dinge reg vir markdag-pret!
Vandag sal die skoolterrein in 'n prettige markplein omskep word vir die jaarlikse Graad 4-markdag.
Die langverwagte laaste kwartaal het afgeskop en die leerders is propvol nuwe energie terug in die skoolbanke ná ’n heerlike vakansie.
Groot opgewondenheid heers onder die graad 4-leerlinge groot gebeurtenisse op die horison. Op Oktober 16 verander die skoolterrein in ’n prettige markplein vir die jaarlikse graad 4-markdag. Die entrepreneurs in wording is reeds hard besig met die voorbereiding van heerlike eetgoed en handgemaakte produkte om aan hulle skoolmaats te verkoop.
Dit beloof om ’n heerlike dag vol glimlagte, samesyn en groot pret vir die hele skool te wees. Dit is die ideale geleentheid vir hierdie jong klomp om hulle talente te ontdek en waardevolle praktiese vaardighede vir die toekoms op te tel.
HAVE YOUR SAY
Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
