South Coast Fever

STILTETYD: God bly dieselfde

Ons almal moet op een of ander tydstip teleurstellings en terugslae op ons eie manier te hanteer.

Daar kom tye in mens se lewe wat jy voel om soos koning Dawid in die Bybel, in Psalm 3 uit te roep: “Here, hoe het my teenstanders vermeerder!” Hoe hanteer mens teenstand in jou lewe? Ons almal moet op een of ander tydstip teleurstellings en terugslae op ons eie manier te hanteer. Soms loop ons die probleem tromp tegemoet deur met probleem-oplossings na vore te kom. Ander kere soek ons hulp by vriende of familie en soek hulle raad. Partykeer help dit om net ’n oomblik terug te staan en toe te laat dat jy kan nadink en reflekteer oor die situasie. Soos ’n professionele fietsryer moet ons weet wanneer om ons gewig te verplaas, wanneer om die rem te trek of wanneer om voluit die pedale te trap. Die slegte is as mense soos in koning Dawid se geval jou spoed breek deur te sê dat daar geen hulp by God is nie. Partykeer is dit jou gedagtes wat met jou op hol gaan en ander kere is dit regtig mense wat geoefen is om negatiewe opmerkings te maak. In Dawid se geval vlug hy vir sy eie seun en het ’n deel van die geloofsgemeenskap teen hom gedraai.

Dawid verkies om hard na die Here te roep om hulp, omdat sy nood groot was. Tog kom Dawid deur sy gebedsworsteling tot die ontdekking dat God nog altyd by hom was. Hy sê: `Maar U, Here, beskerm my van alle kante’. Hy is en bly verseker dat God hom nie in die steek laat nie. God bly dieselfde. God omvou Sy kinders met sy liefde. Hul lewens is veilig in God se hande. Al moes Dawid vlug vir sy lewe, het hy geweet dat sy lewe veilig is in God se hande. Sy vyande sal nie daarin slaag om hom te vernietig, want God het hom van alle kante beskerm. Hy was ‘n vurige muur rondom Dawid. Wat ook al ons situasie mag wees, die gelowige kan hieraan vashou: die Here hou oor jou die wag. Al sou jy deur diep waters gaan. Hy is soos ‘n muur van vuur rondom jou. Glo dit kind van God, al kry jy die wind van voor.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button