South Coast Fever

God is nie ’n mooiweersvriend nie

Het jy al ooit vir iemand borg geteken? In Job 17:3 roep die Bybelse Job uit: “Wees vir my ’n borg, o God. Wie anders kan vir my instaan?” Mense teken nie maklik borg nie. As die persoon vir wie jy borg staan, nie die terugbetalings kan doen nie, word jy onmiddellik aanspreeklik gehou vir

Het jy al ooit vir iemand borg geteken? In Job 17:3 roep die Bybelse Job uit: “Wees vir my ’n borg, o God. Wie anders kan vir my instaan?” Mense teken nie maklik borg nie. As die persoon vir wie jy borg staan, nie die terugbetalings kan doen nie, word jy onmiddellik aanspreeklik gehou vir die volle uitstaande bedrag. Dit bly ’n risiko.

Job weet God sal vir hom sal instaan, vir hom borg staan in moeilike tye. God sal nie in moeilike tye Sy rug draai op Sy kinders nie. Hy sal Sy woord en beloftes aan Sy kinders waar maak, kom wat wil. Jy mag dit maar glo. Hy is nie n mooiweersvriend nie. Moeilike tye, uitdagende tye, toets mense se hoop en geloofsankers.

Dit kan jou selfs aan God laat twyfel. Dit het vir Job gevoel of sy ankertoue losruk. Dit het vir hom gevoel asof die Here teen hom gedraai het. Die Satan het daarby gehoop hy sou Job deur alles wat gebeur het verpletter.

Job se krisis het hom depressief gemaak. In Job 17:11 sê hy dat sy dae verby is en dat dit klaar is met wat hy beplan en begeer het. Tog het God nie vir Job aan sy eie lot oorgelaat nie. Job bly by God, want God bly by Job. “Al sou hy my doodmaak, ek moet my saak vir hom stel, sê Job” Al lyk God vir Job soos die Satan, is dit asof hy wat Job is, weet dat dit maar net so lyk, dat dit nie regtig waar is nie. God kan die liefde wat Hy verniet, uit genade aan ons gee, nooit van Job, van Sy kinders weerhou nie.

Die Lydenstyd waarin ons tans ons bevind, herinner aan die Een wat vir ons borg kom teken het by die kruis, Jesus Christus. Hy het uiteindelik die volle borg betaal met Sy bloed, Sy lewe. Jesus Christus is jou enigste troos in lewe en in sterwe as alle paaie in die lewe vir jou afgesny is, of afgesny voel. God self het in die Persoon van Sy Seun vir jou sondeskuld ingestaan. Hy is jou enigste borg, jou enigste waarborg in lewe en in sterwe, kom wat wil.

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Fever’s Facebook page

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button