Pretaand vir Dameskring
Die lede is in vier spanne ingedeel deur middel van die trek van lootjies
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/39/2013/08/34annatjie_587115054.jpg)
SUIDKUS Dameskring het ’n pretaand op 6 Augustus gehou.
Die gasvrouens vir die genoeglike byeenkoms op 6 Augustus was Susan Joubert, Annette Eagleton asook Nelet Yendel.
Nelet was ongelukkig weens siekte afwesig. Hulle het gesorg vir ’n aand vol pret en skaterlag.
Die lede is in vier spanne ingedeel deur middel van die trek van lootjies. Daar was blou, rooi, groen en geel. Voorts moes elke span ’n naam kies:
Die blouspan was “blou ballonne van vier”, die rooispan het “granaat” as naam gekies, terwyl die groenspan se naam “vleibewoners van vleiland” was en “loeries” was die naam van die geelspan.
Annette Eagleton het die kompetisie op ’n interessante wyse aangebied deur die formaat van “Noot vir Noot” en “30 Seconds” te gebruik. Die “vleibewoners van vleiland” was die wenners, met die “loeries” in die tweede plek, “blou ballonne vier” derde en “granaat” laaste. Ongeag die uitslag, het elke deelnemer ’n oulike prys ontvang.
Annatjie Nortje is as nuwe lid verwelkom en almal hoop dat sy gelukkig in Dameskring sal wees. Sannie Liebenberg, ’n voormalige lid word gelukgewens met die silwermedalje wat sy tydens die pasafgelope Hartoorplanting Spele verwerf het. Dameskring is trots op haar.
Die dames sluit die aand in ’n vrolike luim af, om potte vol brenyani, kerrievleis en heerlike wortelkoek.