Tyd vir Kuswag Karnaval [PROGRAM]
Die opwindende Kuswag Karnaval sal plaas vind op die velde van Kuswag Skool, Kuswaglaan, Amanzimtoti van Donderdag, 14 Augustus tot Sondag, 17 Augustus.

Meer as 7,500 mense van alle ouderdomme het verlede jaar se karnaval bygewoon.
Die jaar gaan organiseerders seker maak dat die karnival nog grooter vermaak verskaf. ‘n Onvergeetlike tyd is vir almal belowe . Op Vrydag, 8 Augustus sal die semi-finaal van East Coast’s Got Talent plaas vind, Barnyard-styl. Moenie die geleentheid van pret mis loop nie.
Drie en twintig asemroovende ritte sal vir pret sorg. Toeskouers sal uitstallings van sport, reis en huis verbetering, mode en juweliersware kan geniet.
Vermaak sluit in: Barney en vriende, matriek mode-parade, East Coast’s Got Talent finaal, verversings, kosstalletjies, bier tente, lewendige musiek optredes, Springbok rugby op ‘n groot skerm, tee tuin, vlooimark, Checkers boerewors kompetisie, kinders vermaak en meer.
Prime Circle sal op Vrydag aand, 15 Augustus optree en Theuns Jordaan op Saterdag aand, 16 Augustus. Die ATKV tiener toneel streekuitdunne sal van 14 tot 16 Augustus by Kingsway Hoërskool plaas vind. Op Sondag, 17 Augustus sal daar ‘n ope kerk diens wees waar Kuswag se eie ster Munique van Heerden sal optree. Die karnaval is gemik op alle ouderdomme. Vir meer inligting kontak Mariëtte van Heerden op 084-411-7806 of e-pos mvanheerden@kuswag.co.za.




