NewsSchools

Boek vurms wen pryse vir tekenings

Die tekeninge word deur buitestaanders beoordeel.

Jaarliks lees die graad 3s die boeke oor Slym Die Wurm geskryf deur Fanie Viljoen.

As hulle klaar gelees het, word daar ‘n tekenkompetisie (geborg deur die ATKV Kuswag jeugtak) gehou: Enige iets uit die Slym-boeke kan geteken word.

Die tekeninge word deur buitestaanders beoordeel: Die ses bestes uit elke graad 3-klas ontvang ‘n sertifikaat. Uit daardie 24 leerders word die vier bestes gekies. Die eerste plek ontvang al vier die Slym-boeke, die tweede plek drie boeke, die dierde plek twee boeke en die vierde plek een boek.

Die volgende leerders is sertifikaat-wenners: Me Terblanche se graad 3s: Mikayla Dorning, Lisa Grunewald, Hayle Oosthuizen, Rogan Rix, Alex Steyn en Diwané van der Berg. Me Engelbrecht se graad 3s: Ashlin Botha, Ethan Esterhuizen, Tiffany Nel, Almari Rheeder, Stian van der Colff en Jayden Visser. Me Hofmeyr se graad 3s: Jesse Botha, Sal-Mari Groenewald, Leandri la Grange, Damain-Lee Lombaard, Francois Snyman en Dian Wilmot. Me Jensen se graad 3s: Leia Birch, Gerhard Janse van Niewenhuizen, Caitlin Rivalland, Loureen van der Merwe, Carla van Wyk en Joshua Wilken.

Die algehele wenners is die volgende leerders: Vierde plek: Hayle Oosthuizen; dierde plek: Damain-Lee Lombaard; tweede plek: Loureen van der Merwe en in die eerste plek: Jesse Botha.

Die pryse is oorhandig deur Mej Viljoen, die leerkrag wat in beheer staan van die ATKV Kuswag jeugtak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Sun in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button