BlogsOpinion

Innerlike of Uiterlike skoonheid?

Daar is nie so iets soos ‘n lelike mens nie; nee, elke een van ons is ‘n Skepping van God!

Hoe sien ons onsself? Die ydelheid van die vrou veroorsaak dat ons vrouens mos nooit tevrede is met onsself nie! “My lyf is te vet”,  “My hare is te dun/duk”; “My bene is te lank”; of “My gesig is te rond”!! Dit is sekerlik gedagtes wat u al aangaande uself geuiter het? Dit is miskien hoe ons  onsself sien,  maar dit bring my by die vraag van: “Hoe sien God ons?”
Daar is nie so iets soos ‘n lelike mens nie; nee, elke een van ons is ‘n Skepping van God!  Jou liggaam behoort aan God en daarom het ons nie die reg om ons liggame te kritiseer nie. Die volgende vraag kom wel na vore, naamlik “Hoe hanteer jy jou liggaam”?  Onthou altyd: “Jou liggaam is ‘n tempel van God”!
Die volgende vrae kom na vore: Hoe hanteer jy jou liggaam:
Verniel jy jou liggaam met Rook?
deur die misbruik van Alkohol?
Verniel jy jou Gees asook die van ander mense deur te skinder?
deur kwaad te praat van mekaar?
Dink bietjie na oor al hierdie dinge; Leef ons God se wil in ons lewens uit deur die bogemelde te doen? Dra ons God se liefde na ons medemens uit deur die manier waarop ons  optree? Deur te rook skaad ons ons liggaam.  Deur alkohol-misbruik kan ons nie onsself wees en  verantwoordelikheid neem vir ons dade nie en hoe kan ander mense dan Jesus deur ons lewe en aksies sien? Deur oor ander mense te skinder word die persoon oor wie geskinder word benadeel want aan die einde van die storie word elke keer ‘n stertjie aangelas, gewoonlik ‘n onwaarheid!  Deur kwaad van ander mense te  praat dra ons nie God se liefde in ons lewe teenoor mekaar uit nie!
In Titus 2:3 & 4 lees ons “Die ou vroue moet ook in hul gedrag wees soos dit die heiliges betaam, geen kwaadspreeksters, of aan baie wyn verslaaf nie”; en in vers 4: “Sodat hul die jong vroue kan leer …” Ons moet altyd poog om God te eer; om Sy liefde uit te dra!
“Laat ons dan in alles ‘n voorbeeld wees van goeie werke, met onvervalstheid, waardigheid en opregtheid” (v.7).
Spreuke 31:30     “…’n Vrou wat die Here vrees, sy moet geprys word” en in vers 10: “’n Deugsame vrou se waarde is ver bo korale” !

Mag dit wees waarna ons sal streef en hoe God ons sal sien!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Sun in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button