BlogsOpinion

Depressie-land of Belofteland

Hoe is jou verhouding met Jesus? Is Hy daar ver in die Hemel, daar ver op ‘n troon waar jy slegs Sondae indien jy wel kerk toe gaan, met hom praat?

Bevind jy jouself meestal met negatiewe gedagtes, selfs miskien depressief?

Vra jouself die vraag af: Bly ek in Depressie-land of bly ek in Belofte-land?

Ja, jy kan nie op twee plekke gelyktydig woon nie! OF jy bly in Depressie-land OF jy bly in Belofte-land. Dus moet jy ‘n besluit neem! Jy het ‘n keuse!
Wees Positief! Om Positief te lewe is om elke nuwe dag met ‘n dankbare hart tegemoet te gaan. Ja, in Sy woord is daar vir ons baie beloftes; maar dan moet ons Hom deel van ons lewe maak! God wil ons help! Hy is nie die God daar ver op die Troon nie; ook nie die God wat jy net Sondae in die kerk van hoor en dan aanbid nie; nee, Hy is ons Vader wat elke oomblik, elke dag en elke minuut deel van ons lewe wil wees!
Hoe is jou verhouding met Jesus? Is Hy daar ver in die Hemel, daar ver op ‘n troon waar jy slegs Sondae indien jy wel kerk toe gaan, met hom praat?
Kommunikasie is die enigste maatstaf vir enige verhouding. Hoe sou die verhouding tussen jou en jou man/vrou wees as jy elke oggend sodra jy wakker word net opstaan en nie met hom/haar praat nie? Of dalk deur die dag of selfs wanneer jy gaan slaap, nie met hom/haar praat nie? Dink jy dat jul ‘n suksesvolle huwelik sal kan hê? Indien daar ‘n gebrek aan kommunikasie tussen julle is, dink jy dat jul so ‘n goeie verhouding kan hê? Verwag jy dat jy en God ‘n goeie verhouding sal hê as jy hom ignoreer en nooit met hom praat nie? God is daar vir ons elke dag; Hy wil met ons bemoeienis maak!  Hy kan ons help om uit die stand van ‘n negatiewe lewe of depressiewe toestand uit te kom; vra Hom om jou te help! Hy wil jou help! Vertrou net op Hom en veral, “wees dankbaar”! Ons het so baie om dankbaar voor te wees! Hy het vir ons die lewe gegee! Miskien worstel jy met die volgende gedagtes: “Ag, dis nie die moeite werd om te lewe nie” of “dis nie die moeite werd om weer te probeer nie!” Jy voel dalk dit is beter vir jou om ‘n einde aan als te maak MAAR luister: As jy so dink is dit ‘n “klap in God se gesig”! God het aan ons die lewe geskenk – ons behoort aan Hom; ons liggame is Sy tempel en ons het geen reg om dit af te breek nie! Jesus het vir ons plek gaan voorberei in die Hemel – Hy sal ons op die bestemde tyd na Hom toe neem – Deur selfmoord, met alle respek gesê: ”wil jy ongenooid in die Hemel aankom?!” Nee, Hy het vir ons elkeen plek gaan voorberei in die hemel en sal ons op ‘n bestemde tyd kom haal; na Hom toe neem na die plek wat Hy vir ons voorberei het! Dus, hou aan Jesus vas; glo dat jy ‘n bepaalde doel het op aarde.  Soek Sy wil vir jou in jou lewe. Praat met God, elke dag en jy sal ‘n dieper verhouding met Hom hê en nuwe betekenis vir jou lewe ontdek.
Praat met Hom, Groet Hom ELKE DAG !!!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Sun in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button