BlogsOpinion

Ons het nie antwoorde nie

In ‘n vorige gedeelte het ons gesels oor die voorskrifte van hoe God wil hê ons moet lewe (sien Titus hoofstuk 2). Nou sal ons wonder hoekom dit dan nog soms met ons sleg gaan ten spyte daarvan dat ons volgens hierdie voorskrifte probeer lewe? Ons wonder hoekom sekere dinge in ons lewe gebeur en ons het nie antwoorde nie! Maar, ek wil U bemoedig; luister na die verhaal van Job.

Die eerste paar hoofstukke van die boek Job het my, veral in die beginstadium van my geestelike groei, baie keer depressief laat voel, dus het ek glad nie graag uit Job gelees nie en dus ook niet by die end van sy verhaal gekom nie. Op ‘n dag het ek tog besluit om verder in Job te lees en het toe tot ‘n wonderlike ontdekking gekom!

Job het tog ‘n gelukkige einde gehad! Ja, ons ken almal die storie van Job; hoe Godvresende man hy was en juis daaroor het die duiwel soveel aanslae op hom probeer maak. Toe die duiwel ‘n gesprek met God gehad het, het hy beweer dat Job die Here volg net omdat die Here hom so gesëën het en omdat dit met hom so goed gegaan het. God se antwoord aan satan was “…alles wat hy het is in jou hand; net na homself mag jy jou hand nie uitsteek nie” Hier word Job dus versoek deur satan wat sy geloof in God wou toets! Job het egter in al sy teëspoed getrou aan God gebly.

So baie wil ons die Here met oorgawe dien maar dan word ons deur allerlei negatiewe dinge of mense aangeval en deur dinge versoek. Soms word ook ons geloof getoets. Die Bybel leer vir ons dat God nooit die een is wat versoeking op ons pad sal plaas nie. Lees Jakobus 1:13 en 14: “Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: ‘Ek word deur God versoek nie ….’, maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word”. In Sy Woord lees ons ook dat ons nooit bokant ons kragte versoek sal word nie en dat Hy ook vir ons die uitkoms sal gee.

Al was Job op ‘n tyd baie moedeloos en het hy selfs gewens “om heen te gaan”, het hy volhard! Aan die einde het God bevel gegee dat hy vir sy vriende moes bid en God het hom in guns aangeneem. Sien Job 42:10 “En die Here het die lot van Job verander toe hy vir sy vriende gebid het”. So wil die Here ook hê dat ons moet doen. Ten spyte van jou negatiewe omstandighede, begin vir ander bid. Bid vir jou vriende en Hy sal jou omstandighede ook verander! Ons moet bly vertrou op God, ongeag die omstandighede.

Ons moet ons oë gerig hou op Jesus. Moenie kyk na jou omstandighede nie; hou jou oë op Hom en dan SAL jy op die water kan loop!

  • Die onmoontlike sal moontlik word!
  • Hy sal jou omstandighede verander! en
  • Jy sal bo uitkom, sonder om te sink!

—oooOooo—

Related Articles

 
Back to top button