Grant’s Dairy hou plaasmark

Kom en ondersteun die Plaasmark.

’n Plaasmark word op 5 Junie van 9vm tot 3nm by Grants Dairy te 114 Jacobastraat gehou.

Bring die hele familie, al jou vriende en kom ondersteun klein besighede en vergeet van die stadsgeraas vir ’n paar ure.
Kleingoed kan ponieritte geniet en die eende voer of op die springkasteel baljaar.

Vir die ouers is daar iets van alles met meer as 40 stalletjies wat allerlei handgemaakte artikels en kos verkoop.
Organiseerders beloof ook dat daar ’n paar nuwe stalletjies met unieke goedere sal wees.

Vir meer inligting kontak Lorraine by 083 777 7224.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Southern Courier in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button