TA017245
KENNISGEWING VAN GROND ONTWIKKELINGSAANSOEK INGEVOLGE DIE MBOMBELA BY-WET OP RUIMTELIKE BEPLANNING EN GRONDGEBRUIKSBESTUUR, 2019
Ons, Eliakim Development Projects, verteenwoordig deur Me Heila Meintjes, het grond-
ontwikkelingsaansoeke
SD/26/00010 en RT/26/00010 ingedien ingevolge Artikels 59 en 63 van die Mbombela By-Wet op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruiksbestuur, 2019 vir die onderverdeling van Gedeelte 5 (Gedeelte van Gedeelte 2) van die plaas Cairn 306 JT en opheffing van Titel Voorwaarde B. (b) van Transportakte T90217/2001. Die eiendom is gele op die Burnside pad, D28,
600m suid van die interseksie met die N4 Hoofweg en oos van die Burnside Pad.
Die oogmerk van die aansoeke is om toestemming te verkry om die eiendom in twee gedeeltes te verdeel en te verseker dat die grondgebruike in ooreenstemming van die Titel Voorwaardes is.
`n Afskrif van die aansoeke en ondersteunende dokumentasie is verkrygbaar gedurende normale kantoor ure by die kantoor van die Senior Bestuurder: Grondgebruiksbestuur, Kantoor 205, Burgersentrum, 1 Nelstraat, Mbombela, 1201, by die volgende kontak nommer: 013-759-2185.
Geskrewe kommentaar of besware, tesame met die redes vir beswaar, moet ingedien word in die voorgeskrewe formaat aan: Die Munisipale Bestuurder, Posbus 45, Mbombela, 1200, of by die Registrasie Afdeling van Rekords, 1 Ste Verdieping, Burgersentrum, 1 Nelstraat, Mbombela; of gefaks word na 013-759-2070; of e-pos aan: registry@mbombela.gov.za nie later as 27 Julie 2026.
Die kommentaar vir besware vorm is beskikbaar by die kantoor van die Senior Bestuurder: Grondgebruiksbestuur Afdeling, by die bogemelde adres of op die Munisipaliteit se webwerf (www.mbombela.gov.za).
Enige persoon wat nie kan lees of skryf nie mag met enige personeellid van die kantoor van die Senior Bestuurder: Grondgebruiksbestuur Afdeling, gedurende kantoor ure raadpleeg en bystand sal aan sodanige persoon verleen word om die beswaar of kommentaar saam te stel.
Agent: Eliakim Development Projects,
Posbus 12271, Nelspruit.
Telefoon: 082-871-1990,
Faks: 086-675-7426
en E- pos: heila@eliakim.co.za,
Verw no: 24-18-Cairn-SubF.
Reference Number: TA017245