TA017296

KENNISGEWING VAN GROND ONTWIKKELINGSAANSOEK INGEVOLGE DIE MBOMBELA RUIMTELIKE BEPLANNING EN GRONDGEBRUIKSBESTUUR BYWET

Ons, Urban tree Developments (Pty)Ltd het `n aansoek

AM/26/00431 om grond ontwikkeling ingedien ingevolge die Mbombela Ruimtelike Beplanning en Grondgebruiksbestuur Bywet vir die hersonering van Erf 837 Stonehenge Uitbreiding 6, gele te Van Rooyenstraat.
Die oogmerk van hierdie aansoek is om die eiendom te hersoneer van `Residensieel` met `n digtheidsbeperking van 1 wooneenheid per Erf, na “Residensieel” met `n digtheidsbeperking van 33 wooneenhede per Hektaar, met die doel om wooneenhede te ontwikkel.

`n Afskrif van die aansoek en ondersteunende dokumentasie is verkrygbaar gedurende normale kantoor ure by die Kantoor van die Senior Bestuurder Grondgebruiksbestuur, Kantoor 205, Burgersentrum, 1 Nel Straat, Mbombela, 1201 kontak nommer: 013-759-2185.

Geskrewe kommentaar of besware tesame met die redes vir beswaar moet ingedien word in die voorgeskrewe formaat aan: Die Munisipale Bestuurder, Posbus 45, Mbombela, 1200 of by die Registrasie afdeling van Rekords, Eerste verdieping, Burgersentrum, 1 Nelstraat, Mbombela; of gefaks word na 013-759 2070; of e-pos aan: registry@mbombela.gov.za

en die ondergetekende gestuur word, nie later as

16 Augustus 2026.

Die kommentaar vir besware vorm is beskikbaar by die Kantoor van die Senior Bestuurder Grondgebruiksbestuur, by die bogemelde adres of op die Munisipaliteit se webwerf (www.mbombela.gov.za).

Enige persoon wat nie kan lees of skryf nie mag met enige personeellid van die Kantoor van die Senior Bestuurder Grondgebruiksbestuur Afdeling, gedurende kantoor ure raadpleeg en bystand sal aan sodanige persoon verleen word om die beswaar of kommentaar saam te stel.

Applikant se Kontak Besonderhede:

Naam: Urban tree Developments (Pty)Ltd

Fiesiese Adres: 17 Sperwer Straat, Mbombela

Telefoon Nommer: 078- 040-8499

e-pos Adres: urbantreedevelopments@outlook.com

Reference Number: TA017296

View All Classifieds View Legal Notices Entries

Back to top button