TA017306
KENNISGEWING VAN GROND ONTWIKKELINGSAANSOEK INGEVOLGE DIE MBOMBELA RUIMTELIKE BEPLANNING EN GRONDGEBRUIKSBESTUUR BYWET
Ek/Ons, LIEZL VAN NIEKERK STADSBEPLANNING KONSULTANT het `n aansoek, AM/26/00432, om grond ontwikkeling ingedien ingevolge die Mbombela Ruimtelike Beplanning en Grondgebruiksbestuur Bywet vir die wysiging van die
Mbombela-Grondgebruikskema deur die hersonering van Gedeelte 23 van die plaas Goed Geluk 444JT vanaf “Beskermde gebiede” vir `Landbou` na `Beskermde gebiede` vir `Landbou` gebruike en `Oord`,`Lodge` gebruike. Die oogmerk van die aansoek is om die bestaande Stone River Lodge en verwante gebruike op `n gedeelte van die plaas toe te laat. `n Afskrif van die aansoek/e en ondersteunende dokumentasie is verkrygbaar gedurende normale kantoor ure by die Kantoor van die Senior Bestuurder Grondgebruiksbestuur, Kantoor 205, Burgersentrum, 1 Nel Straat, Mbombela, 1201 kontak nommer: 013 759 2185. Geskrewe kommentaar of besware tesame met die redes vir beswaar moet ingedien word in die voorgeskrewe formaat aan: Die Munisipale Bestuurder, Posbus 45, Mbombela, 1200 of by die Registrasie afdeling van Rekords, Eerste verdieping, Burgersentrum, 1 Nelstraat, Mbombela; of gefaks word na 013-759-2070; of e-pos aan: registry@mbombela.gov.za nie later as 17 Augustus 2026. Die kommentaar vir besware vorm is beskikbaar by die Kantoor van die Senior Bestuurder Grondgebruiksbestuur, by die bogemelde adres of op die Munisipaliteit se webwerf
(www.mbombela.gov.za). Enige person wat nie kan lees of skryf nie mag met enige personeellid van die Kantoor van die Senior Bestuurder Grondgebruiksbestuur Afdeling, gedurende kantoor ure raadpleeg en bystand sal aan sodanige persoon verleen word om die beswaar of kommentaar saam te stel.
Applikant se Kontak Besonderhede:
Naam: LIEZL VAN NIEKERK STADSBEPLANNING KONSULTANT
Fisiese Adres: Postnet Suite 348, Privaatsak X20097 Lydenburg, 1120
Telefoon Nommer: 082-370-9194
E-pos Adres:
liezlplan@gmail.com
Reference Number: TA017306