BlogsOpinion

Ons Keuses wat ons maak bepaal ons eindbestemming.

God het ons wel die vryheid gegee om keuses te maak, maar hoe gebruik ons daardie keuses?

Deur  keuses wat ons  maak word ons uiteindelike bestemming beinvloed. God het ons wesens gemaak gelyk aan Sy beeld; Hy het die mens beveel om te ‘heers’ oor die aarde. Ons kan dus besluite neem; waar ons wil woon, en hoe ons wil lewe.  Ja, die lewe is vol keuses.

God het ons wel die vryheid gegee om keuses  te maak, maar hoe gebruik ons daardie keuses? Meeste van ons maak ons keuses maar as dit nie uitwerk nie of op een of ander manier misluk, wie blameer ons dan? Ons is so geneig om God die skuld te gee vir ons mislukkings. God belowe ons in Sy woord dat ons hom moet ken in al ons besluitnemings en dat ons dan sukses sal behaal.  Lees gerus Spreuke 3:6 “Ken Hom in al jou weë dan sal Hy jou paaie gelykmaak”. Is dit nie ‘n wonderlike belofte nie? As jy dus weer enige besluite moet neem, ken Hom in die saak, luister na Sy stem, moet nie sommer jou eie kop volg nie, dan sal jou weë voorspoedig wees.

Een van die grootste besluite wat ons neem naaste aan ‘n beroepskeuse, is seker die keuse van ‘n lewensmaat. Het jy gebid vir die maat wat jy moet kry? So baie van ons val in ‘n staat van depressie omdat ons verhoudings nie uitwerk nie; of “my maat het iemand anders in sy/haar lewe ontmoet”. Vra jouself die vraag af “Wat wil Jesus vir my hê in my lewe?” Het jy Hom gevra om vir jou die regte lewensmaat op jou pad te stuur? Nee, ons raak meeste van die tyd halsoorkop verlief en dan wil ons met die persoon trou ongeag wat kom. Ongeag van miskien “klein” dingetjies wat pla. Ons steur ons nie aan wat ander sê of aan enigiemand anders se waarskuwings nie. Ons troos onsself of maak onsself wys: “Ag, my geval is anders” of “As ons eers getroud is sal dinge verander”.

Ek wil graag by u pleit:  Vra God voor jy iemand ontmoet of, indien jy reeds iemand ontmoet het, vra God::  “Is dit die maat wat U vir my wil hê?”   Wees dan sensitief vir God se stem – Hy sal vir jou wys, Jy sal weet wanneer God Sy toestemming vir jou gee; nie jou wil nie maar Sy wil. As waarskuwende gedagtes by jou opkom, moet dit nie ignoreer nie; as dinge lyk of dit nie heeltemal tussen julle wil uitwerk nie, aanvaar dit, want God het vir jou iemand baie meer spesiaal in stoor. Wanneeer jy God ken in die keuse wat jy  maak, sal Hy vir jou die regte maat gee; jy sal altyd gelukkig wees en jy kan jou soveel oneindige baie haartseer vir eendag spaar..

Wanneer jy hierdie spesiale persoon in jou lewe ontmoet vra God dan ook om jou  te help om die vrou/man te wees na  haar of sy hart,  want “ken Hom in AL jou weë, en Hy SAL jou pad gelyk maak.”

—oooOOOooo—

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Southlands Sun in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button