BlogsOpinion

Seisoene in my Lewe

“Maak elke seisoen die pragtigste seisoen van jou lewe – deur God in elke seisoen van jou lewe te ken en jou afhanklikheid van Hom te belei en te besef!”

Jy het sopas ontwaak en lê en wonder wat hierdie dag vir jou gaan inhou. Miskien het U nie tyd om ‘n oomblik te kwel oor watter uitdagings die dag voor U lê nie; U voel dalk U is in volkome beheer – maar kort voor lank vind U dat dinge nie heeltemal so uitwerk as wat U dit voorgestel het nie; een ding bly egter seker: “Ons afhanklikheid van God!”   Soos wat ons in die natuur die 4 seisoene Lente, Somer, Herfs en Winter kry, kan ons dit ook van toepassing maak op ons eie lewens. In watter seisoen van u lewe bevind U uself nou?

Lente bring nuwe lewe, alles blom en dus is dit seker die mooiste seisoen in die natuur. In die lewe kan mens dit vergelyk met die tyd waarin mens as jongmens vol drome en ideale is – wanneer jy elke dag nuwe ontdekkings maak – die lewe is vir jou mooi. Jy is soos ‘n bloeisel; ‘n knop wat enige oomblik kan oopgaan en nuwe wasdom bereik – ongeskonde!

Dan breek die somer aan – wanneer die bloeisels verander in die vorming van vruggies – die blom-knoppe oopgaan en volle wasdom bereik; die somer. Jy as volwasse mens is in die fleur van jou lewe – so tot alles in staat en soos wat jy miskien ervaar, glo jy jy is in beheer van alles! In hierdie tyd besef menige jong- en grootmens nie sy afhanklikheid van God nie.

Onvermydelik breek die herfs aan – die tyd wat die blare begin verkleur en begin afval. Die herfs in ons lewens word soms gekenmerk met kleiner probleempies wat jou laat besef dat die jare begin aanstap. Vir sommiges breek die herfs baie vroeg aan, worstel jy miskien met siekte of probleme wat jou gesondheid betref wat maak dat jy nie meer so in beheer voel nie. Sou jy in hierdie tyd van jou lewe, wanneer jy die herfs-seisoen ondervind, dalk jou afhanklikheid van God besef?

Voor jy jou oë kan uitvee, breek die winter aan! Winter bring dood en die einde van die siklus. O wee, eers dan besef jy hoe kort die lewe werklik was. Jy kyk terug en besef hoeveel goeie kanse OF teleurstellings daar in jou lewe was; hoeveel foute jy gemaak het. Wanneer jy terugkyk besef jy hoe God jou gedra het deur al hierdie seisoene van jou lewe! Ja, Hy het jou nooit in die steek gelaat nie!

Liewe Mens, vandag wil ek by U pleit, ongeag in watter seisoen U van u lewe is, “maak elke seisoen die pragtigste seisoen van jou lewe – deur God in elke seisoen van jou lewe te ken en jou afhanklikheid van Hom te belei en te besef!” Dan kan jy terugkyk op ‘n vrugtevolle en vreugdevolle lewensreis!!

oooOOOooo

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Southlands Sun in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button