Local newsNews

Ongeluk eis talentvolle rubyspeler

“Ons gaan alles van hom mis."

Die Lötter gesin van Eastvale is in rou gedompel nadat hul geliefde seun en broer, Dewald skaars ‘n week en ‘n half voor sy 22ste verjaarsdag op 17 Mei in ‘n motorongeluk oorlede is.

Talle vriende en familie het na Dewald se afsterwe op sosiale media hulde aan hom gebring.

Hy het in 2020 aan die Hoërskool Hugenote matrikuleer waar hy bekend was vir sy talente op die sportveld.

Hy het rugby, atletiek en krieket gespeel. Sy passie vir rugby was egter groot en hy het dit ná skool voortgesit.

Hy het vir die Springs Rugbyklub se o21-span uitgedraf en in die nommer 12- en 13 trui floreer.


Dewald Lötter saam met sy ouers Charmaine en Dewald met sy matriekafskeid in 2020.

Alhoewel hy op die rugbyveld vir sy uitstekende spel bekend gestaan het, word hy deur sy spanmaats as ‘n ware vriend met ‘n goeie hart beskryf.

Die blondekop word nie net onthou as ‘n skitterende rugbyspeler nie, maar hy was ook ‘n geliefde seun en broer.

Volgens sy gesin het hy al van ‘n jong ouderdom af ‘n passie vir die spel gehad. Hy was ook ‘n familie man wat enigiets vir sy medemens sou doen.

“Daar was al so baie keer wat Dewie alles net so gelos het, net om my te help,” het sy sussie Chené aan die Springs Advertiser vertel.

Dewald was alombekend as ‘n man met ‘n hart van goud en iemand wat alles in die lewe voluit gedoen het.


Dewald Lötter in aksie tydens een van die Springs Rugbyklub se wedstryde.

Hy was ‘n werknemer van Gold One Myn waar hy as ‘n drywer gewerk het.

Hy het ook ‘n maand gelede by Optimum Learning Technologies aangesluit waar hy logistiek wou studeer.

Die gesin lyk almal eenders met hul blonde hare en sê dat daar nie een dag verby sal gaan wat hulle in die spieël gaan kyk en hom nie in hulle sal sien nie.

“Ons gaan alles van hom is. Hy was die lig in elkeen van ons se lewe.”

‘n Gedenkdiens het op 27 Mei by AGS Jesus is Lig kerk in Eastvale plaasgevind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button