LettersOpinion

Tommy se werk sy trots

'n Mens hoor dikwels klagtes oor die diens wat oral deur ons land se mense verskaf word.

Daaroor kan ons almal kla, want soos ons self weet, kan ons nie kla oor die diens nie, want daar is nie diens nie.

Daar is doodeenvoudig net nie meer iets soos werkstrots nie.

Maar vandag wil ek graag dankie sê aan Tommy Lang wat bereid was om te help.

Nie net was hy vriendelik en behulpsaam nie, maar dit was ook gedurende sy etenstyd wat hy tyd opgeoffer het om my te help.

Die rekenaar was egter van lyn af maar hy het beloof om my te skakel en dan die dokumentasie by die dame van sekuriteit te laat.

Uit ondervinding weet ek dat dit ‘n rare verskynsel is as jy wel terug geskakel word.

Maar hy het wel terug geskakel en ek wil hom graag bedank vir al sy moeite.

Ek waardeer dit en hy het my sommer laat terug verlang na die tye toe werk nog jou trots was en selfs jou woord van eer.

Departement Welsyn en Pensioene, julle kan opreg trots wees op so ‘n man aan die stuur van sake.

Hou so aan en nogmaals dankie.

JC Mostert

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button