
Verlede Maandag omstreeks 2vm, was ons wakker gemaak deur die aanhoudende geblaf van honde.
Met nadere ondersoek vind ons dat die hekslot afgebreek is en twee motorfietse gesteel is.
Onmiddellik het ons begin met die soektog na die motorfietse deur op en af te ry deur Strubenvale se strate.
Sowat 20 minute later vind ons voertuie van ProSafe met Berlin en Andrew daarin, geparkeer langs die treinspoor.
By nadere ondersoek wys die manne vir ons die motorfietse wat in die grasse versteek.
Daar het ‘n bakkie verby gery en ons vermoed die fietse sou opgelaai word
Ons het die sleutels van die fietse by die huis gaan haal met Berlin en Andrew wat agter ons aangery het om seker te maak dat almal veilig in die erf is.
Die twee manne sê hulle was op besoek aan een van hul kliënte se persele toe Berlin die geraas anderkant die muur hoor.
Hy het moeite gedoen om te gaan ondersoek instel en het die diewe betrap wat besig was met die motorfietse, ongelukkig het hulle weggekom.
Ons is baie baie dankbaar dat ons die motorfietse kon terugkry!
Dit is deesdae amper ongehoord dat mens jou wiele terugkry nadat dit gesteel is.
Hoe gelukkig is ons om sommer twee stelle wiele op een aand terug te kon kry. En dit danksy dié twee manne wat hulle werk werklik ter harte neem en nie twee keer gedink het om op te tree nie.
Dit was buite hulle kliënte se omgewing en tog het hulle gedoen wat reg was.
Dankie manne – julle het ons van ‘n groot verlies gered.
Dankbare ouer



