
Bietjie meer as ‘n jaar waarna Anel gediagnoseer is met akute myloiede leukemie en sy na strawwe chemo-terapie ‘n beenmurgoorplanting gehad het, kan ons met groot dankbaarheid terug kyk en laat weet dat dit goed gaan met haar.
Vier opeenvolgende beenmurg biopsies het getoon dat daar geen kanker aanwesig is nie en haar bloed resultate is telkuns gunstig.
Ons wil graag aan elkeen wat haar, en ons as gesin, in hierde tyd so getrou in hulle gebede gedra het, uit die diepte van ons harte bedank vir soveel opregte belangstelling en omgee.
Baie dankie vir elke gebed, besoek, telefoon oproep, boodskap, blomme, bakke kos en goeie wense. Elkeen van julle het vir ons oneindig baie beteken en ‘n baie moeilike tyd soveel draagliker gemaak.
Christo, Cenett en Anel van Niekerk



