LettersOpinion

Hospitaal parkering onveilig

This letter was sent in by a reader.

My skoonpa lê in die N17 hospitaal in Springs se ICU vir die afgelope drie weke.

My seun gaan kuier vir sy oupa drie keer ‘n dag. Op 7 November is sy kar vanaf die hospitaal gronde gesteel en toe die dief met die kar by die hek kom het die kar intussen gevrek.

By die hek is twee valhekke wat die voertuig inhok tussen die twee hekke. Die sekuriteitswag het gesien hoe die dief die kar aanstoot na die hek en was al te bly om die hek vir hom oop te maak.

Toe hardloop die wag na die volgende hek en druk die knoppie vir die skelm om die hek oop te maak, en sonder om te kyk of daar ‘n sleutel in die kar is help hy toe nog ook die skelm om die kar aan die brand te stoot!

Ek het die video materiaal van die hele storie. Dit is die negende kar wat gesteel is die jaar by dieselfde hospitaal en dan help die sekuriteit nog die diewe om die kar uit te stoot.

Ek het ‘n kontak nommer van die sekurteitsman se hoof en hy wil by my weet hoekom is die kar nie verseker nie.

Leon van Ryn

n Voertuig diefstal en inbrake by openbare motor parke soos winkelsentrums, stadions, hotelle en hospitale, sowel as by die plekke wat groot skares lok, is daar ongelukkig gemeenskaplike voorvalle in Suid-Afrika, ten spyte van sekuriteit.

Ons is diep bekommerd oor voertuig diefstal, alhoewel daar baie min gevalle aangemeld is by ons hospitaal die afgelope jaar.

Ons het ‘n aantal van die veiligheidsmaatreëls in plek by die hospitaal se parkeerterrein, insluitende CCTV monitering, boom beheer en sekuriteitswagte wat die gebied patrolleer.

Die sekuriteitsmaatskappy met wie ons ‘n kontrak het om dienste aan die hospitaal te lewer versterk ook sekuriteit in ons park area, veral gedurende spitstye soos die besoek ure.

Ons moedig egter mense aan om te alle tye waaksaam te wees envoorsorg te tref sover moontlik om hulle voertuie te beveilig.

Verseke dat die voertuie gesluit is en dat enige items binne-in die voertuie gebêre buite sig geplaas word..

Die bestuur van die sekuriteitsmaatskappy was ook in direkte kontak met die briefskrywer wie se voertuig gesteel is om die voorval te bespreek.

Derek Hird

Algemene bestuurder N17

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button