LettersOpinion

Arwyp Hospitaal, puik

'n Dankbare Springs inwoner skryf oor die wonderlike diens van 'n hospitaal.

‘n Opvolg op die brief  ‘Dankbare familie’ (Adverteerder, 7 November), wat geplaas is van my swaer wat op 28 Oktober ‘n hartaanval gehad het en opgeneem moes word in Pholosong Hospitaal.

Bid dat julle nie daar beland nie. Hy was daar vir ‘n week in haglike omstandighede.

Ons moes water en koffie ensovoorts vir hom neem. Kos is daar wel bedien, al was dit soms oneetbaar, maar niks te drink nie.

Die personeel was baie vriendelik, kry hulle jammer om in sulke omstandighede te werk.

Ongelukkig het hy nie die regte behandeling gekry nie en het op 11 November weer ‘n aanval gekry.

Ons het met hom Glynnwood Hospitaal toe gejaag, waar hy wonderlike behandeling gekry het. Aan ons is gesê hulle mag geen mense wegwys nie.

Hy is van daar oorgeplaas na Arwyp Hospitaal waar hy verder behandel is. Wat ‘n wonderlike hospitaal, die personeel en dokters was puik.

My swaer het op 17 November terug gevlieg Kaap toe waar sy spesialiste sal oorneem.

Weereens wil hulle baie dankie sê aan die DCA lede, vir Dr Tink by Glynnwood Hopistaal en Arwyp Hospitaal personeel.

Baie, baie dankie, julle sal verewig onthou word.

Weideman familie

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button