LettersOpinion

Mense gee nog om

Graag wil ons net baie dankie sê aan almal wat ons bygestaan het tydens die tragiese dood van ons dogter Melandri Coetzer.

Baie dankie aan Danie van Strubenvale Apteek en die personeel van Medicross vir julel bystand op die dag wat Melandri gebyt is deur die hond.

Ons wil ‘n spesiale dankie sê aan Hennie Fourie vir dit wat hy gedoen het, woorde kan ons dank nie beskryf nie.

Selfs die personeel van Laerskool PAM Brink vir jul bydrae tydens die begrafnis.

Almal se SMSe, blomme, besoek, facebook boodskappe word opreg waardeer.

Daar is te veel mense om op te noem, maar elkeen weet watter besondere hulle gelewer het.

Laastens aan Tannie Sanet van Negendelaan ‘jy is ‘n engel’, baie baie dankie.

Dankie is so klein woordjie, maar kom opreg uit ons harte.

Theuns, Petro en Marinus Coetzer

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button