LettersOpinion

Drink in die openbaar

An Eastvale resident sent in this letter of concern.

Dit is al ‘n geruime tyd dat hierdie dinge ons pla en ek glo ander inwoners ook.

Ons sal graag wil weet of die wet nog bestaan van ‘drink in die openbaar’.

Ons gun almal ‘n plekkie onder die son, maar ons kan nie meer kinders na die winkel toe stuur nie omrede die kliënte van die bottelstoor en klub buite op die stoep en tussen die motors en parkeerplekke staan en drink, vernaamlik op ‘n Saterdag en soms op Sondae.

Dan weet ons almal dat Eastvale nie ‘n industriële gebied is nie, maar op ‘n stadium was daar sewe eienaars met trokke.

As die eienaars hersoneer kan die ekstra belasting-geld gebruik word om stormwater pype te lê sowel as stene op die sypaadjies.

Trokke word op sypaadjies gediens, olie stort en word vertrap.

Praat nie van die riool tussen Eastvale en Dersley nie.

Ons wil nie graag sien dat Eastvale en Dersley agteruitgaan, maar dat ons trots kan wees op ons woonbuurt.

Kom ons staan saam.

Eastvale inwoner.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button