
Daar word weer beplan vir ‘n groefmyn tussen Springs, Prosperity, Sundra, Bakerton en Welgedacht.
Al die inwoners van bogenoemde dorpies, moet saamstaan om hierdie onsinnige idee te keer. ‘n Groefmyn mag nie hier plaasvind nie.
‘n Groefmyn sal nie welstand vir ons as inwoners bring nie.
Die negatiewe aanslag wat so ‘n groefmyn op mens en dier se kwaliteit van lewe in die omgewing sal hê kan kortliks saamgevat word.
Die wet op menseregte laat ons as inwoners toe op vryheid en veiligheid.
Vryheid om met veilige skoon lug in te asem en nie vuil, swart koolstof nie.
‘n Groefmyn sal volksvreemdes lok, hulle op hul beurt kom vat wat hulle verwag en nie kan kry nie, wat vir ons as inwoners, finansiële verliese en selfs erger dade gaan inhou.
Ons en ons diere is geregtig op onbesoedelde lug en skoon drinkwater.
Daar sal water en lug wees maar nie geskik om met veiligheid te gebruik nie.
Dit is al reeds bewys dat myne lug en water besoedel bogronds asook ondergronds.
Die regering het die besit van water aan homself toegeken.
Dit is hulle verantwoordelikheid om toe te sien, op alle gebiede dat ons mense, diere en nageslag se kwaliteit van lewe nie benadeel word nie.
Die mense in die omgewing verdien nie die negatiewe aanslag, van ‘n groefkoolmyn nie.
Daar sal permanent, onderkant die wind ‘n swart koolstof-neerslag wees, mure van huise gaan kraak, eiendom se waardes gaan daal. Gesondheidsrisiko’s gaan voorkom.
Inwoners teken die petisies wat by besighede tot jou beskikking sal wees.
Hendrik Grobler.



