As inwoners van Casseldale, veral Ermeloweg, wil ons net vir Eddie van Heerden baie dankie sê vir sy onbaatsugtige daad.
Hy het vir ons die omgewing leefbaar en veilig gemaak.
Nie net was ‘n deel van die omgewing ‘n seer oog nie, dit was ‘n broeiplek vir siektes, rotte, muise en ander peste.
Leeglêers en rondlopers het van die omgewing ‘n blyplek en lêplek gemaak wat ‘n reuse sekuriteitsrisiko vir ons was.
Eddie, ons inwoners waardeer jou onbaatsugtige optrede en die feit dat jy geen tyd of moeite ontsien nie om die lewe vir ‘n ander beter te maak nie. Aangesien jy geen beloning of vergoeding vir jou onselfsugtige daad wou hê nie, moet jy verseker wees van ons dankbaarheid, waardering en respek.
Baie dankie!
Inwoners van Casseldale.



